Silulumanzi werkers staak oor lone

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Sommige van Silulumanzi se werknemers staak na ‘n dooiepunt bereik is in loononderhandelinge tussen die waterverskaffer en vakbonde.

Dit kan die verspreiding van water raak sowel as die reaksietyd teenoor klagtes. 

Water tenkwaens mag ook dalk nie aflewerings maak nie, weens die afwesigheid van bestuurders. 

Silulumanzi raai verbruikers aan om die self-diens portaal op hul webtuiste te besoek. Rekeninge kan elektronies vereffen word. 

Rapporteer noodgevalle via WhatsApp aan 083-269-1456.

Sien ook: Brand by Rob Ferreira-hospitaal gou geblus