Sewe onwettige immigrante in Sabie aangekeer
Written by Mireille on March 31, 2025
Sewe verdagtes verskyn vandag in die Sabie-landdroshof weens oortreding van die Wet op Immigrasie nadat hulle Vrydag in Simile in Sabie aangekeer is as deel van Operasie Vala Umgodi.
Volgens die polisie in Mpumalanga is hulle buitelandse burgers sonder die nodige dokumentasie om in Suid-Afrika te wees.
Daar is ook op toerusting wat vir onwettige mynboubedrywighede gebruik word beslag gelê. Dit sluit in phendukas, gassilinders en kragopwekkers.
Operasie Vala Umgodi het verlede week ook positiewe resultate gelewer met 15 verdagtes wat Donderdag tydens ‘n ontwrigtende operasie by die Majax-nedersetting in Pelgrimsrus aangekeer is.
Hulle het nie geldige dokumentasie om in Suid-Afrika te wees nie. Polisieondersoekers werk in vennootskap met amptenare van die Departement van Binnelandse Sake om hul status vas te stel.
Daar is tydens die operasie beslag gelê op phendukas, gassilinders, motors en ander onwettige myntoerusting.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Pilgrimsrus-hof verskyn.