Die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier in die Barberton-vallei se watervlakke het kennelik gedaal en erosie van die oorloop het afgeneem, na die die damwal gedreig het om in te gee.
Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku egter die dam-struktuur bly onstabiel en waarskuwings bly in plek.
Die Departement van Water en Sanitasie se hoof van die Spesialiseenheid en Damveiligheid sal vandag saam met ‘n span ingenieurs ‘n inspeksie doen om ‘n plan van aksie te bepaal.

Senteeko-damwal versleg, word nougekeurig gemonitor, 23 Januarie, 13:46
Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor.
Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik wat tans gebeur.
Luister:





