SANParke het gister saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing die eerste keer Omgewingsbestuursinspektoraatdag gevier.
Die Krugerwildtuin, Kgalagadi-oorgrenspark, Camdeboo Nasionale Park en Tafelberg Nasionale Park het ‘n reeks aktiwiteite in samewerking met belanghebbendes aangebied.

Die doel is om die publiek bewus te maak oor die belangrike rol wat omgewingbestuurinspekteurs – algemeen bekend as die Groen Skerpioene – speel in die bestuur van Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis.





