Die polisie sê hulle ondersoek nou ‘n saak van moord na die liggame van twee tieners Maandag in ‘n lodge in Sabie ontdek is.
Cameron Waldeck-Cooks (17) was ‘n gr. 11-leerder aan St. Stithians Girls’ College en Ethan Coetzee (19) ‘n oudleerder van die Boys’ College wat verlede jaar gematrikuleer het.
‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is aanvanklik geopen.
Die polisie het vanoggend aangedui dat ‘n saak van moord egter bygevoeg is na aanleiding van die nadoodse ondersoek se uitslae.
“Die uitslae van die nadoodse ondersoek dui daarop dat die 17-jarige meisie moontlik verwurg is, terwyl die 19-jarige jongman moontlik sy eie lewe geneem het,” sê ‘n polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, in ‘n verklaring.
Luister:
Die ondersoek duur voort om die volle omstandighede rondom die voorval vas te stel.
Lees die aanvanklike berig hier.





