100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Saak teen 95 Libiese burgers vir drie weke uitgestel

Written by on August 5, 2024

Die saak teen die 95 Libiese mans wat verlede Vrydag by ‘n vermeende onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi gearresteer is, is tot 26 Augustus uitgestel.

Hulle het vandag weer in die Witrivier-landdroshof verskyn.

Hulle word aangekla in terme van die Wet op Immigrasie.

Die mans het glo in April die land binnegekom met visums wat in Tunisië bekom is vir hulle om veiligheidsopleiding te ondergaan.

Die saak is verlede week uitgestel om die dienste van Arabiese interpreteerders en regsverteenwoordiging vir die beskuldigdes te bekom.

Hulle bly in aanhouding.

95 Libiese burgers bly in aanhouding in Witrivier, 30 Julie

Die 95 Libiese mans wat Vrydag by ‘n vermeende onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi gearresteer is, het gister in die Witrivier-hof verskyn.

Hulle word aangekla in terme van die Wet op Immigrasie.

Die hof het beslis hulle moet in aanhouding bly, aangesien hulle nie vasgestelde adresse het nie.

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is die saak tot 5 Augustus uitgestel, om die dienste te bekom van ‘n Arabiese interpreteerder, omdat slegs drie van die aangeklaagdes Engels magtig is.

PSiRA hoop militêre opleidingskamp-ondersoek gou afgehandel, 29 Julie

Die Reguleringsowerheid vir die Privaatsekerheidsbedryf (PSiRA) neem kennis van die voortgesette belangstelling en navrae oor die beweerde onlangse onwettige militêre opleidingsbedrywighede by ‘n plaas in Witrivier wat deur Milites Dei Sekerheidsdienste verskaf is.

Die woordvoerder van PSiRA, Mpho Sechoaro, sê die reguleringsliggaam kan geen onderhoude toestaan nie weens die voortgesette ondersoeke.

Sechoaro sê PSiRA vertrou hierdie ondersoeke sal teen die einde van die week afgehandel wees.

Luister: ENG MphoonInvestigations

Vermeende militêre opleidingskamp ondersoek, 28 Julie

Die polisieminister, Senzo Mchunu, sê die eienaars van die vermeende militêre opleidingskamp buite Witrivier, waar 95 Libiërs Vrydag gearresteer is, het aansoekregulasies oortree.

Mchunu het gister saam met die nasionale polisiekommissaris, gen. Fanie Masemola, die toneel in Masoyi besoek.

Hy sê die Libiërs sal binnekort gedeporteer word, maar nie voor die ondersoek afgehandel is nie.

Luister: ENG SenzoonMilitary

Die Reguleringsowerheid vir die Privaatsekerheidsbedryf, PSiRA, sê sy ondersoek na die kamp kry dringend aandag.

Die woordvoerder van PSiRA, Mpho Sechoaro, sê hulle het laat verlede week te hore gekom dat ‘n sekerheidsverskaffer, Milites Dei-sekerheidsdienste, wat by die owerheid geregistreer is, militêre styl opleiding aan die Libiese burgers op ‘n plaas verskaf:

Luister: ENG MphoonMilitary

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê intussen sy departement beplan om die oppergesag van die reg in die land te herstel na die arrestasie van die 95 mans.

Die woordvoerder van die departement, Siya Qosa, sê na ‘n groot gesamentlike operasie van Binnelandse Sake, die polisie en ander wetstoepassingsowerhede, is die departement gereed om toe te sien dat enigiemand wat die immigrasiewette oortree, in die hof vervolg word.

Luister: ENG SiyaonRestore

Verder sê die ATM Suid-Afrika bly ‘n hoë-risiko bestemming weens ongedokumenteerde immigrante, geldwassery, befondsing van terrorisme en ander onwettige bedrywighede.

Die party doen ‘n beroep op die regering vir onmiddellike en omvattende optrede om die stelseltekortkomings aan te spreek en die veiligheid van burgers te verseker.

Luister: ENG ZamaonHighRisk

Die mans het glo reeds in April die land binnegekom.

Sien ook: SOE lê beslag op bates van R52m in Covid-korrupsiesaak – Radio Laeveld


×