100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rondawels brand af in Krugerwildtuin

Written by on October 15, 2024

SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande.

Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het.

In Satara-ruskamp het ‘n braaivuur ‘n wooneenheid aan die brand laat slaan.

In Olifants-kamp het drie eenhede onder dieselfde omstandighede in ligte laaie opgegaan.

Daar was in dié geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings.

Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê niemand is tydens die brande beseer nie.

Luister:

Sien ook: Ondersoek na seun (16) tydens uitstappie sterf


×