Pumas teken sesde sege aan in SA Beker

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Airlink Pumas het 11 drieë gedruk in hul oorwinning van 71-10 oor die Luiperds in hul SA Beker-wedstryd Saterdag by Nelspruit-rugbyklub.

Stefan Coetzee en Tino Swanepoel het beide driekunste behaal met Clinton Swart wat sewe drieë kon verdoel.

Met ses seges elk bly dit slegs hul punteverskil wat die Griekwas bo-aan die punteleer hou.

Dié twee pak mekaar Vrydag in Kimberley in ‘n stryd wat die wenner in ‘n sterk posisie sal plaas om ‘n tuis eindstryd te verseker.

Foto: Kaptured Concepts

Sien ook: Lulu op pad na Paralimpiese Spele