Die Leeus, Griekwas, Cheetahs en Boland Kavaliers is deur na die halfeindronde van die Curriebeker met die Airlink Pumas wat vyfde op die punteleer geëindig het.
Die Bulle het Saterdagaand ‘n geesdriftige terugvegpoging teen die Cheetahs afgeweer om met 35-26 in Pretoria te wen.
In Kaapstad het die WP uiteindelik hul eerste oorwinning van die seisoen behaal, deur die Boland Kavaliers met 40-22 te klop.
Die Leeus het die Griekwas met 22-17 in Johannesburg geklop, en die boonste plek op die punteleer verseker.
In Durban het die Haaie hul groepfase Vrydagaand op ‘n hoogtepunt afgesluit, met ‘n oorwinning van 19-13 oor die Pumas.
Die Leeus en Griekwas speel die komende naweek tuis in die halfeindronde.
Foto: Die Pumas na hul nederlaag teen die Leeus by Nelspruit-rugbyklub in Augustus. Foto: Christo Dippenaar