Pumas bly aan wenkant na derde SA Beker ronde
Written by Mireille on March 25, 2025
Die voorste drietal van Suzuki Griekwas, Airlink Pumas en NovaVit Griffons het die naweek hul onoorwonne lopie volgehou met goeie oorwinnings in die derde ronde van die SA Beker.
Die Griekwas het die Grens Bulldogs met 118-3 oorrompel; die Airlink Pumas was te sterk vir die Cheetahs in Nelspruit met ‘n sege van 46-38; en die Griffons het ‘n 79-10 triomf oor die Luiperds verseël.
Die komende naweek reis die Pumas na Kempton Park om met die Valke kragte te meet.
Clinton Swart, die kaptein; Ruwald van der Merwe, onderkaptein; hoofafrigter, Jimmy Stonehouse; en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt.
Luister: