Premier wil matriekslaagsyfer verbeter
Written by Mireille on January 23, 2025
Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter.
Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, wat gister met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek.
Die provinsie het vir 2024 ‘n slaagsyfer van 84.99% behaal.
Ndlovu hulle is daartoe verbind om die onderwyssektor te ondersteun na die verbetering van resultate en die gehalte van onderwys.
Hy sê daar is geen rede dat die slaagsyfer mettertyd 100% kan haal nie.
Luister:
Sien ook: Matriekslaagsyfer verbeter tot 84,99%