100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Premier op pad na Rusland om gegriefde studente te ontmoet

Written by on November 16, 2022

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, is op pad na Rusland om studente wat met beurse van die provinsiale onderwysdepartement daar studeer te ontmoet in ‘n poging om hul griewe aan te spreek.
Daar is 229 studente wat aan elf universiteite in Rusland medies, ingenieurwese, lugwaart en inligtingstegnologie met beurse van die departement studeer.
Hulle het onlangs alarm gemaak omdat klasfooie, verblyf en toelaes vir etlike maande nie betaal is nie.
Lees meer: Binnelandse sake betrek om gestrande studente in Rusland te help
Die afvaardiging sluit in die direkteur-generaal, Makhukhu Mampuru, en departementshoof van onderwys, Lucy Moyane.
Die LUR vir landbou, Busi Shiba, sal as premier waarneem tot 24 November. Sy word vanoggend ingesweer.