Polisie ondersoek twee mans se skietdood in Tekwane Suid

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Mpumalanga polisie ondersoek ‘n dubbele moord na die liggame van twee mans gister in Tekwane Suid naby KaNyamazane ontdek is.

Die mans, van onderskeidelik 45 en 51 jaar oud, is noodlottig geskiet.

Beide is op die toneel dood verklaar.

Een van die mans se voertuie, ‘n Toyota Yaris, is luierend daar naby gevind.

Die motief vir die moorde is tans onbekend. Geen arrestasies is nog gemaak nie.