Plan met slangteengif-tekort
Written by Mireille on March 10, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens vervaardig nie tans teengif nie, glo weens konstruksiewerk by hul fasiliteit wat dit verhoed.
Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers sê hulle het intussen PANAF-Premium van Indië begin gebruik. Dit werk uitstekend vir mense en diere, en het eintlik verskeie voordele bo ander teengiwwe.
Hy gesels met Saterdag Ontbyt.
Luister weer:
Lowveld Venom Suppliers bied gereeld kursusse aan om mense te leer slange vang, soos hierdie een onlangs in Hazyview.