100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opknapping vorder in wildtuin

Written by on August 27, 2024

SANParke se instandhoudingswerk aan infrastruktuur in die Krugerwildtuin vorder goed.

Die opknapping van toerismefasiliteite het in Julie 2022 begin en dit behoort teen Junie 2025 byna voltooi te wees.

Fasiliteite wat reeds opgeknap en volledig in gebruik is sluit in die winkel by Letaba, die vulstasie by Onder-Sabie, die Sweni Trails-kamp, die Skukuza Wild Fig-gastehuis, die uitkykdek by Skukuza-ruskamp en Olifants wat deur termiete gevreet is, en die Shingwedzi restaurant se dak.

Projekte wat vanjaar nog prioriteit geniet sluit in fase 1 van die Phalaborwa Wildlife Activity Hub, fase 1 van die Shangoni-hekontwikkeling, die herstel van grasdakke by Shingwedzi- en Mopani-ruskampe en opgradering van personeelverblyf in verskeie kampe.

Wat herstelwerk aan paaie betref, word word paaie wat die meeste gebruik word geprioritiseer.

SANParke het wel twee skrapers aangekoop waarmee baie van die grondpaaie wat in ‘n swak toestand was, geblad is.

SANParke is besig om addisionele kapasiteit te kontrakteer om sy vermoë om alle grondpaaie regoor die Krugerwildtuin beter te onderhou betekenisvol uit te brei.

Ingenieurskonsultante is ook aangestel om strukturele ontwerpe van brûe op verskeie paaie wat deur vloede beskadig is, te onderneem.

Sien ook: Ses leeus in noorde van Krugerwildtuin hervestig


×