100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Operasie Vala Umgodi werp nog vrugte af

Written by on April 12, 2024

Die polisie in Mpumalanga het die afgelope twee weke verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is.

Daar is op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus, Schoemanskloof en Barberton beslag gelê as deel van Operasie Vala Umgodi.

Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê in die jongste voorval is 11 verdagtes gister in hegtenis geneem vir beweerde onwettige mynbedrywighede op ‘n plaas buite Barberton.

Onder hulle tel agt Zimbabwiese burgers en ‘n beampte van Korrektiewe Dienste.

Hulle sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn.

Verskeie stukke toerusting is Woensdag ook verwoes.

Luister hier: 

Audio Player

Sien ook: Mandla Msibi uit ANC geskors


Share on Facebook
Share on Twitter
Share on Pinterest
Share on Linkedin
Send by Whatsapp
Love