100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Operasie Vala Umgodi behaal sukses in Mpumalanga

Written by on April 7, 2025

Drie-en-twintig verdagtes wat Saterdag in die Nkanini informele nedersetting as deel van Operasie Vala Umgodi gearresteer is, verskyn vandag in die Sabie-landdroshof.

Volgens die polisie word 20 aangekla van oortreding van die Immigrasiewet en drie weens die besit van gouddraende materiaal.

Daar is tydens die ontwrigtende operasie op verskeie items beslag gelê.

Dieselfde dag is 13 verdagtes in Low’s Creek aangekeer by ‘n padblokkade op die R38.

Hulle was glo in besit van gouddraende materiaal.

So ook was drie verdagtes wat gister gearresteer is.

Hulle het langs die pad gestap met sakke waarin gouddraende materiaal gevind is.

‘n Woordvoerder, kapt. Mpho Nonyane:

Luister:

 


Continue reading