Oorstromings 2026: Krokodilbrug-hek heropen môre

Die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek sal môre vir dagbesoekers heropen aangesien erge weerstoestande oor die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga bedaar het. 

SANParke waarsku die situasie bly egter dinamies met ‘n damwal buite die park wat volgens berigte in gevaar is en wat operasionele toestande op kort kennisgewing kan verander. 

Die Senteeko-damwal staan ​​tans nog, maar is nie stabiel nie en die struktuur besig om te versleg. Veiligheidswaarskuwings bly van krag.

Lees meer: Senteeko-damwal verkrummel

Alle grondpaaie bly gesluit tot verdere kennisgewing en besoekers word versoek om nie versperrings te verwyder nie, aangesien dit in plek is vir openbare veiligheid en die beskerming van infrastruktuur.

 Malelane-, Numbi- en Paul Kruger-hek bly oop, met ‘n kwotastelsel wat van krag is.

Phabeni-hek bly gesluit. 

Die suidelike en noordelike dele van die park bly van mekaar afgesny. 

Die Tshokwane-piekniekterrein, Satara-ruskamp en die noordelike dele van die park is tans nie toeganklik nie.

Die Mpumalanga Toerisme- en Parkagentskap (MTPA) se terreine is ook heropen vir besoekers na ‘n omvattende assessering na die onlangse swaar reën. 

Besoekers word versoek om versigtig te wees wanneer hulle die besienswaardighede verken, aangesien sommige paaie steeds glad kan wees.

Toeriste word versoek om alle veiligheidsreëls en riglyne na te kom.