100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ontwrigtende reën vandag verwag

Written by on December 27, 2023

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën oor die oostelike dele van Suid-Afrika vandag.
Dit geld vir Mpumalanga en Gauteng sowel as dele van Limpopo en die Oos-Kaap.
Die weerdiens waarsku oor die moontlikheid van plaaslike oorstromings van laagliggende gebiede.
Intussen het inwoners in verskeie areas die ontwrigtende reën wat hulle reeds onlangs gemeet het aangeteken:
Elawini, Nelspruit 75 mm
Plaston/Curlews, Witrivier 74 mm
Macadamia, Witrivier 60 mm
De Hoek 55 mm
Kaapsehoop 52 mm
Rocky Drift 51 mm
Totiussingel, Nelspruit 46 mm
Alibamastraat, Nelspruit 44,5 mm
Bergstraat, Barberton 30 mm
Malalane 30 mm
Uitkyk-pad, Karino 20 mm gisteraand
Oor ‘n langer tydperk gemeet staan sake so:
Witrivier 115 mm in twee dae
Kiepersol gister gemeet 40 mm, vanoggend 55 mm
Ou Plaston-pad net verby Karula 38 mm aangeteken tussen 17:00 gistermiddag tot vanoggend 06:00
Heidelvallei, Witrivier 106 mm sedert 24ste
Rivierstraat, Lydenburg 80 mm sedert 24ste
Tullach-Mohr Natuurreservaat, Elandsvallei 150 mm sedert Saterdagaand
West Acres, Nelspruit 97 mm afgelope vyf dae.
Sien ook: Ontmoet Theo Amstel en sy ukelele

Foto: Lowveld Traffic WhatsApp-groep