Onthou jou bydrae hierdie Internasionale Bloedskenkersdag
Written by Mireille on June 14, 2022
Vandag is Internasionale Bloedskenkersdag om bloedskenkers te vier en voornemende en huidige skenkers te nooi om bloed te skenk – en sodoende tallose lewens te help red.
Om te begin, moet jy ten minste 50 kg weeg en 16 jaar oud wees.
Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) verduidelik hoekom dit belangrik is om gereeld bloed te skenk.
Plaaslik is die skenkingspersele by Grove-sentrum en I’langa Mall elke dag oop. Hulle sal die week vir langer ure oop bly. Grove sal tot Donderdag daagliks van 09:00 tot 18:00 oop wees en I’langa Mall Woensdag en Donderdag vir die ekstra uur.
Die skenkersentrum in Lydenburg (in Kantoorstraat) is elke Maandag, Woensdag, Vrydag en Saterdag oop.
As jy SANBS wil nooi om bloedskenkings van jou werknemers by jul perseel te kom doen, kontak Matsimbi by 082-419-1158.