‘Onsigbaar’-span by nasionale Curro-teaterweek bekroon
Written by Mireille on August 24, 2022
Curro Nelspruit se produksie “Onsigbaar” het in Pretoria aan die Curro Create Nasionale Jeugteaterfees deelgeneem en met verskeie toekennings weggestap.
Die skool is met dubbel goud bekroon vir verhoogbestuur en goud vir kostuums, stelontwerp, beligting en tegniese aspekte.
Marli Fritz, Danel Verwey en Elzette Kruger het silwer gewen vir regie. Assistent verhoogbestuurder, Hazel Nkambule, sowel as die klankbaan, is ook met silwer beloon.
Vir grimering het “Onsigbaar” met ‘n brons toekenning weggestap.
Onder die akteurs het die ensemble goud gewen, asook Luhan Kruger vir sy vertolking van Jimmy Thompson.
Leilah du Plessis en Gustav Kruger het elk silwer toekennings ontvang en Cionette Potgieter en Phopi Thabile Mulaudzi brons.