Onsekerheid oor Ramaphosa se bywoning van Mosambiekse presidents-inhuldiging
Written by Mireille on January 9, 2025
President Cyril Ramaphosa het nog nie besluit of hy volgende Woensdag die verkose Mosambiekse president, Daniel Chapo van Frelimo, se inhuldiging sal bywoon nie.
Onrus na afloop van die verkiesing het vrae oor veiligheid laat ontstaan.
Volgens die Presidensie kyk ‘n gevorderde span van die Presidensiële Beskermingsdienste na die veiligheidsvooruitsigte in Mosambiek.
Ramaphosa het op die Progressiewe Sakeforum se Presidensiële Gholfdag in Kaapstad vreedsame dialoog tussen Chapo en die opposisieleier, Venâncio Mondlane, bepleit.
Luister:
Mondlane het vandag, na meer as twee maande in self0opgelegte ballingskap, na Maputo teruggekeer (sien foto via sy Facebook Live).
Hy sê hy is gereed vir samesprekings oor die betwiste verkiesingsuitslae.
KYK:
Mondlane het sy ondersteuners versoek om hom by sy aankoms te ontmoet, maar veiligheidsmagte het toegang tot die lughawe beperk.
AFP berig veiligheidsmagte het by een van verskeie versperrings rondom die gebied ‘n man in ‘n groep van sowat 200 mense geskiet en gewond.