Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid bepleit versigtige gedrag op die paaie tydens ‘n verwagte toename in verkeer voor skole volgende week heropen.
Vyf mense is oorlede toe die sedan waarin hulle gereis het met ‘n vragmotor gebots het op die R23 tussen Balfour en Greylingstad gisteraand.
Dit volg na ‘n trompop botsing tussen ‘n sedan en bakkie gister vier lewens geëis het op die R23 tussen Standerton en Perdekop.

Die oorledenes, almal volwassenes, was insittendes van die sedan, insluitend die bestuurder.
Die bakkiebestuurder en ‘n kind is ernstig beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal in Standerton geneem vir behandeling.
Die LUR, Jackie Macie, sê die verlies is tragies.
Hy het by monde van sy woordvoerder, Moeti Mmusi, alle padgebruikers aangespoor om die reëls na te kom, waaksaam te bly en ten volle te konsentreer.
Luister:





