Ondersoek geloods na man buite Barberton-hof doodgeskiet is

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.
misdaad

Die polisie ondersoek ‘n voorval waarin ‘n man wat nog geïdentifiseer moet word, gister buite die Barberton-landdroshof doodgeskiet is.

Die gru-voorval was ten tyde van die hofverskyning van ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op die voormalige raadslid, Mandla Mamba.

Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli sê ‘n moordsaak is geopen met drie bykomende aanklagte van poging tot moord.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Luister:

Sien ook: Valke soek veroordeelde moordenaar vir polisiebeampte se skietdood