100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersoek duur voort na botsing tussen skoolbus en trein

Written by on August 6, 2024

Die Spoorwegveiligheidsreguleerder sê sy ondersoek na die noodlottige ongeluk tussen ‘n skoolbus en trein verlede week in Mpumalanga dui daarop dat waarskuwingsborde by die Arnot-spooroorgang grootliks aan voorgeskrewe veiligheidstandaarde voldoen het.

Ses kinders is dood en 19 ander beseer, van hulle ernstig.

Die reguleerder sê dit blyk dat die busbestuurder nie die padtekens gevolg het nie.

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê sy ondersoek sal ongeveer 30 dae neem om te voltooi.

Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê daar kan verdere bewerings wees.

Luister: ENG MmusiOnReport

‘n Gedenkdiens vir die leerlinge van Môrelig-gekombineerde skool word môre in Mafube gehou.

Volgens die woordvoerder van die provinsiale regering reël die provinsiale beide.

Luister:  

Die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, doen intussen ‘n beroep op alle belanghebbbendes om saam te werk vir die verskerping van openbare bewustheidsveldtogte oor die gevare van spooroorgange.

Sy het die Tsantsabane-munisipaliteit in die Noord-Kaap besoek waar ‘n ongeluk Sondag plaasgevind het waarby ‘n Transnet-trein en ‘n vragmotor by ‘n spooroorgang naby Groenwater betrokke was.

Drie volwassenes en ‘n kind het gesterf.

Ramakgopa sê ‘n multi-sektorale benadering is nodig om spooroorgang-ongelukke te verminder: Luister: ENG MaropeneonCrossings

Sien ook: Dodetal styg tot ses in botsing tussen skoolbus en trein


×