Opdatering: Olifant trap besoeker aan wildtuin dood
Written by Mireille on January 27, 2025
Die polisie het ‘n nadoodse ondersoek begin na ‘n besoeker aan die Krugerwildtuin Saterdag deur ‘n olifant vertrap is.
Shaik Adam Shabir Ammed (59) het saam met sy kleinkinders naby die Krokodilrivier by die Malelane-hek foto’s geneem van die olifant toe hy hulle bestorm het.
Hulle het weggehardloop, maar die 11-jarige seun het gestruikel en geval. Die olifant het hom aangeval en sy oupa het hom te hulp gesnel.
Die olifant is terug die wildtuin in.
Ammed is op die toneel dood verklaar.
Sy kleinseun is beseer. Die vyfjarige dogtertjie is ongedeerd.
Olifant vertrap toeris in Krugerwildtuin, 26 Januarie
‘n Plaaslike toeris is gister in die Krugerwildtuin dood toe hy deur ‘n olifant vertrap is.
Volgens SANPare het die voorval naby die Krokodilrivier by Malelane-hek plaasgevind.
SANParke-amptenare was op die toneel om die familie te ondersteun.
Die bestuur het hul innige meegevoel met sy familie en vriende betuig.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het sosialemediagebruikers versoek om nie video van die voorval te deel nie.
“Weens die sensitiwiteit van die saak, doen ons ‘n beroep op die publiek om hulle daarvan te weerhou om enige foto’s of video’s van die voorval en slagoffer te plaas,” sê hy.
Die polisie ondersoek die voorval.
Luister:
*Foto ter illustrasie
Sien ook: Lewenslank vir man wat ouma vermoor