Nuwe Kaapvalleiskool oorhandig vir Mandeladag

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus.

Die leerlinge van Kaapvallei Primary in Umjindi het gister, ter viering van Mandeladag, nuutgeboude skoolfasiliteite in gebruik geneem.
Volgens die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Jasper Zwane, kom die 423 leerders hoofsaaklik van die Sheba-area. Die vorige gebou het strukturele probleme gehad.

Die nuwe skool is ter waarde van R20 miljoen deur Barberton Mines opgerig. Agt klaskamers, ablusiefasiliteite, omheining, ‘n administrasieblok, wetenskaplaboratoriums, ‘n eetsaal en ‘n gr. R-vleuel.
LUR Bonakele Majuba en Martin Pieters van Barberton Mines het die amptelike oorhandiging behartig.