100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NKW vra besoekers om diere reg van weg te gee na besoeker leeu stamp

Written by on August 13, 2024

Die Krugerwildtuin (NKW) doen ‘n beroep op die publiek om altyd op die uitkyk te wees vir diere terwyl hulle in die park ry.

“Onthou asseblief dat diere in die algemeen ook ‘n reg van weg het,” sê JP Louw van SANParke.

Dit volg na ‘n video Sondag op sosiale media versprei is waarin ‘n voertuig ‘n leeuwyfie stamp op die H1-4 tussen Satara en Olifants.

Sy is van agter gestamp terwyl sy saam met ander leeus in die pad gestap het. Die voertuig het verbygery.

KYK HIER

“By besigtigings moet ‘n mens ekstra versigtig wees, want daar sal ongetwyfeld ‘n geskarrel en verkeersknope wees,” sê Louw.

Hy moedig besoekers aan om hulself te vergewis van die reëls wat vervat is op die permitte wat hulle by ingangshekke ontvang en wat leiding bied oor hoe om hulself te gedra “vir die gerief en veiligheid van hulself, ander besoekers en natuurlik die diere”.

Sommige van die moontlike aanklagte wat oorweeg word teen die betrokke bestuurder is oortreding van die padreëls en nalatige bestuur.

Die woordvoerder van die NKW, Ike Phaahla, het vroeër die week aangedui die man sal waarskynlik beboet word.

Luister:

SANParke het verder aangedui dat daar altyd streng opgetree word om oortredende bestuurders af te skrik en te verseker soortgelyke voorvalle herhaal hulself nie in ‘n beskermde gebied nie.


×