NHS vir 2023 die topskool in Mpumalanga
Written by Mireille on January 21, 2024
Hoërskool Nelspruit (NHS) is as die top akademiese skool in Mpumalanga aangewys na die matriekuitslae Vrydag bekendgemaak is.
Van hul 250 gr. 12’s kwalifiseer 204 vir graadstudie.
Hulle het tussen hulle 188 onderskeidings verwerf.
Boonop is die hoofdogter, Niandi Coetzee, as die topleerling in Mpumalanga aangewys.
Bertus Steyn, adjunkhoof, gesels met Charles en Joanne.
Luister weer:
Sien ook: NHS aangewys as topskool in Mpumalanga