Mpumalanga haal CNN Travel se lys van plekke om te besoek

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Mpumalanga het CNN Travel se lys van 25 bestemmings om vanjaar te besoek, gehaal.

Die Blyderivier-canyon, die derde grootste ter wêreld, word as ʼn hoogtepunt aanbeveel, veral omdat dit in ‘n groen kombersie geklee is (anders as die groter twee: Die Grand Canyon en Visrivier).

Hulle noem ook God’s Window as deel van die Panorama-roete en die nabyheid van die Krugerwildtuin.

Verder groepeer die uitsaaier die provinsie saam met Eswatini, wat saam met Mosambiek die “Triland”-toerisme inisiatief uitmaak.

Eswatini se Sibebe-rots, die wêreld se grootste ontblote graniet-plutoon, word beskryf as ʼn uitdagende, maar bevredigende, uitstappie.

Ander plekke in Afrika wat die lys gehaal het, is Sierra Leone en Rabat in Marokko.

Sien ook: SA gevra om in te gryp by politieke onlus in Mosambiek – Radio Laeveld