100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as R420 000 in kontant by Oshoek gekonfiskeer

Written by on September 25, 2024

‘n 39-jarige Suid-Afrikaanse man verskyn vandag in die Elukwatini-landdroshof, vir die vermeende besit van gesteelde goedere, na hy aangekeer is met meer as R424 800 se kontant in sy besit.

Volgens die Valke het hy probeer om onwettig die grens na Eswatini te voet oor te steek naby die Oshoek-grenspos, toe beamptes van die grensbestuursowerheid hom gekeer en deursoek het.

Die kontant is in ‘n swart plastieksak gevind.

Die verdagte kon nie verduidelik waar dit vandaan kom nie.

Sien ook: Liggame van vermiste mans in Louw’s Creek ontdek – Radio Laeveld


×