Meer as 100 verdagtes is aangekeer tydens multi-dissiplinêre ontwrigtende operasies teen onwettige mynbou in Pelgrimsrus verlede week.
Van die totaal 105 verdagtes is 91 ongedokumenteerde immigrante.
Daar is ook op gouddraende materiaal en mynbou toerusting beslag gelê.

Dit sluit 14 sakke gouddraende materiaal in sowel as R16,300 in kontant.
Volgens die Mpumalanga polisie het hulle Maandag van die toerusting vernietig.





