100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela verklaar Barberton se water veilig na toetse

Written by on August 21, 2024

Mbombela-munisipalitiet sê toetse toon Barberton se water is nie die oorsaak van ‘n onlangse skerp toename in gevalle van diaree in die area nie.

Die plaaslike owerheid ondersoek steeds die oorsaak van die uitbreking.

Tot dusver het alle watermonsters aan veiligheidstandaarde voldoen.

‘n Verslag van die Mpumalanga Gesondheidsdepartement het ook bevestig dat die dood van ‘n nege maande oue baba nie weens die diaree-uitbraak was nie.

Mbombela toets steeds sy water gereeld.

Mbombela ondersoek oorsaak van diaree in Barberton, 12 Augustus

Mbombela-munisipaliteit sê hy ondersoek die oorsaak van gevalle van diaree in Barberton wat sedert Donderdag toegeneem het.

Sien ook: Mbombela toets Barberton se water na gerugte

‘n Gesamentlike operasionele komitee wat bestaan uit die provinsiale departement van samewerkende regering, die gesondheidsdepartement en die department van water en sanitasie werk saam met Ehlanzeni-distrik om die oorsaak van die uitbraak te bepaal.

Watermonsters is geneem en getoets en daar word op die uitslae gewag.

Mbombela maan inwoners intussen om, as ‘n voorsorgmaatreël, drinkwater te kook voor hulle dit gebruik.


×