Mpu verbeter tot 84,99% SLAAGSYFER
Written by Mireille on January 14, 2025
Hoërskool Nelspruit (NHS) is amptelik aangewys as die beste skool in Mpumalanga, met ’n 100%-matriekslaagsyfer en ‘n totaal van 366 onderskeidings.
Suid-Afrika se slaagsyfer in die 2024 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het van 82,9% in 2023 tot 87,3% toegeneem.
Dit is die land se hoogste sedert die begin van 1994 se demokrasie.
Die Vrystaat het die beste gevaar met 91%, teenoor 89-persent in 2023. KwaZulu-Natal is tweede met ‘n slaagsyfer van 89,5% en Gauteng is derde met 85,4%.
Mpumalanga het die sewende beste gevaar en sy slaagsyfer met agt persentasiepunte verbeter tot 84,99%
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê byna die helfte van die leerders wat die eksamen geskryf het, het baccalaureus-vrystelling ontvang.
Sy sê die matriekklas se prestasie moet gevier word, maar die land moet terselfdertyd nadink oor die basiese onderwysstelsel se gesondheid.
Sy sê goeie vordering is gemaak om toegang tot onderwys uit te brei, maar die aandag moet nou verskuif om die gehalte van onderwys wat leerders ontvang, te verbeter.
Luister: ENG GwarubeOnQualityEducation
President Cyril Ramaphosa het die 2024-matriekklas geloof vir die talle, ongekende prestasies wat dui op leerders se persoonlike toewyding en vordering in die sektor vir basiese onderwys.
Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die uitslae toon die jeug se samewerking, veerkragtigheid en trots om ʼn beter toekoms te skep.
Luister: ENG MagwenyaOnMatrics
Die DA sê die 2024-matriekklas se sukses getuig van hul harde werk en onderwysers, skoolleiers en gesinne reg oor die land se toewyding.
Delmaine Christians van die DA sê hulle verwelkom die minister se voorgestelde strategiese reoriëntasie tot vroeëkinderjare-ontwikkeling en die grondslagfase:
Luister: AFR ChristiansOnPassRateImprovement
Die GOOD-party se Brett Herron sê die goeie 2024-matriekslaagsyfer, is bemoedigend, en die regering moet groter voorkeur gee aan basiese onderwys.
Luister: ENG BrettonMatriculants
Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê ten spyte van die matriekklas van 2024 se prestasie moet die onderwyssektor nog baie verbeter.
Luister: ENG HendrickonMatricClass
Die Nasionale Professionele Onderwysersorganisasie van Suid-Afrika sê die matrieks van 2024 het merkwaardige veerkragtigheid en vasberadenheid getoon om hul goeie slaagsyfer te behaal.
Naptosa se uitvoerende direkteur, Basil Manuel, sê onderwysers moet erkenning ontvang vir hul ekstra insette om omstandighede te skep wat bevorderlik was vir leer.
Luister: ENG BasilonMatricPassRate
RISE Mzansi sê ook die matriekklas se sukses was ten spyte van swak infrastruktuur en hulpbronne, misdade in en rondom skole, en swak basiese dienste.
RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê die land se groot behoefte aan ekonomiese ontwikkeling vereis dat wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde voorkeur kry in onderwys.
Luister: ENG ZibiOnMatricsResilience
Build One South Africa sê die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen se 2024-matriekslaagsyfer is misleidend en dat die werklike slaagsyfer 51% is.
BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomons, sê van die 1,2-miljoen leerders wat in 2013 in gr. 1 was, het net 615 000 in 2024 matriek geslaag.
Luister: ENG SolomonsOnMisleadingPassRate
Sien ook: Pumas gerat vir 2025