Man verskyn in hof weens kindermoord in Kaapmuiden

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n Man van Eswatini word aangekla weens die moord op ‘n kind, poging tot moord van haar ma, en regsverydeling.

Sanele Fakudze (37) is Vrydag aangekeer en het Maandag in die hof verskyn.

Sy 28-jarige vriendin en haar vierjarige dogtertjie is verlede Vrydag, 27 Junie, as vermis aangegee by die KaNyamazane-polisiestasie.

Hulle is laas gesien waar hulle in sy voertuig klim.

Die vrou is die volgende dag bewusteloos langs die pad in Kaapmuiden aangetref.

Die gedeeltelik verbrande liggaam van die kind is Donderdag ook naby Kaapmuiden ontdek.

Die saak teen Fakudze  is uitgestel tot Maandag. Hy bly in aanhouding.

Luister: