Man vasgetrek met 582 paspoorte in sy besit

‘n 43-jarige man van Zimbabwe verskyn vandag in die Waterval Boven-hof na sy arrestasie Maandag. Volgens die Mpumalanga polisie was hy in besit van 582 paspoorte en 147-duisend-300-Rand se kontant toe wetstoepassers sy voertuig onderskep het. Hul ondersoek dui daarop dat hy op pad was om iemand te ontmoet om die paspoorte te stempel en die polisie glo die kontant was bedoel as betaling. Hy word aangekla van oortreding van die Wet op Immigrasie, bedrog en geldwassery.