Man vas weens arsenaal hoëkaliber-vuurwapens
Written by Mireille on November 7, 2024
‘n 36-jarige man is vroeg vanoggend deur die Witrivier-blitspatrollie aangekeer met verskeie hoëkaliber vuurwapens in sy besit.
Hy was vanaf Lydenburg in die rigting van Witrivier onderweg toe die patrollielede sy wit Toyota enkelkajuit-bakkie wou aftrek.
Hy het weggejaag en is na ‘n jaagtog vasgetrek.
Die hoëkaliber vuurwapens sluit in agt AK-47’s, ‘n R1, ‘n R4 en ‘n R5 sowel as ‘n pistool, ‘n rewolwer, twee handgranate en duisende rondes ammunisie.
KYK:
Die verdagte sal aangekla word van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie en meer aanklagte kan bygevoeg word sou ballistiese toetse toon dit is in die uitvoer van ander misdade gebruik.
Sien ook: Lebombo steeds gesluit vir verkeer