‘n Man is vanoggend hospitaal toe geneem na hy in Ehmkestraat naby Blue Gate in Mbombela ineengestort het.
Volgens Callum Mac Pherson van Securicon was een van hul lede in die omgewing toe die man om ongeveer 10:55 skreeuend uit die Villlage-parkie te voorskyn kom.
Hy het op die hoek van Ehmke- en Ferreira-strate op die teerpad neergeval.
Hy is met ‘n staatsambulans hospitaal toe geneem.
Securion en Mbombela se bywet-afdeling het ‘n operasie gereël en die verdagte in die parkie aangekeer.
Volgens Mac Pherson het die verdagte erken dat hy die man met ‘n skêr gesteek het omdat hy na bewering by hom gesteel het.

Daar word verstaan dat beide in die parkie woon.
Die verdagte sal aan die polisie oorhandig word vir verdere ondersoek.




