100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man skiet glo vrou, homself, dood in Kabokweni

Written by on August 6, 2024

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, gen. maj Zeph Mkhwanazi, het sy hartseer uitgespreek na ‘n man sy vrou en daarna homself vroeg vanoggend in Kabokweni buite Witrivier doodgeskiet het.

Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê hulle hou môre ‘n dag van gebed in Ermelo as deel van hul Vrouemaand-aktiwiteite.

Die provinsiale polisie sal met geloofsorganisasies hande neem om teen misdaad sowel as geweld teen vroue en teen kinders te bid.

Luister:

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op mans om hierdie Vrouemaand standpunt in te neem teen die onlangse toename in moorde op vroue en kinders in Pienaar buite Mbombela.

Dit volg na die liggaam van nog ‘n vrou Woensdag in die area ontdek is. Sy is onthoof.

Volgens ‘n DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, is daar die afgelope twee maande ses liggame ontdek: van hulle was drie vroue en drie kinders tussen drie- en 16-jaar oud.

Sy sê geslagsgebaseerde geweld kan nie opgelos word sonder mans se samewerking nie.

Sien ook: Ondersoek duur voort na botsing tussen skoolbus en trein


×