Man aangekeer weens vonds vuurwapens, ammunisie

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

‘n Man sal na verwagting in die Nkomazi-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie ná die ontdekking van vuurwapens en ‘n groot hoeveelheid ammunisie in sy huis.

Hy is gisteroggend in Tonga in hegtenis geneem tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie wat deur die polisie uitgevoer is.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, het hy vier jaggewere gehad.

Ammunisie sluit in dit vir ‘n R5-aanvalsgeweer, ‘n .308 en ‘n haelgeweer.

Daar was ook vyf selfgemaakte geweerlope.

Die vuurwapens waarop beslag gelê is, sal ballistiese toetse ondergaan om vas te stel of dit in die pleeg van misdaad gebruik is en meer aanklagte kan teen hom bygevoeg word.

Luister: