Man gevonnis wat vrou se kêrel vermoor

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Mpumalanga Hooggeregshof het Abednego Mbuyane tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir huisbraak en die moord op sy vrou se kêrel, Thamsanqa Nkosi.

Hy het in  April 2023 sy vrou se voertuig na Kwanyoni Lodge in Mbombela nagespoor.

Hy het die deur oopgeskop en Mbuyane het Nkosi in die kop en skouer geskiet.

Hy het homself later aan die polisie oorgegee.

Sy skuldbekentenis is verwerp met die staat wat aangevoer het dat die moord met voorbedagte rade gepleeg is en die saak het op verhoor gegaan. 

Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het die regter met vonnisopledding in ag geneem dat Mbuyane sedert sy arrestasie in aanhouding is.