Polisie in Emgwenya naby Waterval Boven het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen na ‘n man dood is na ‘n honde-aanval vroeg vanoggend.
Owerhede sê die slagoffer is op ‘n pad naby ‘n skrootwerf gevind.
Twee pitbulls wat vermoedelik by die voorval betrokke was, sal uit die eienaar se sorg verwyder word terwyl die ondersoek voortduur.
Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar.
Polisie sê die slagoffer is geïdentifiseer en dat die omstandighede rondom die voorval ondersoek word.





