Ma gearresteer wat dalk baba vergiftig

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad

Die polisie in Mpumalanga het ‘n vrou gearresteer op ‘n aanklag van moord, weens vermoedens dat sy haar agt maande oue baba vergiftig het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het ‘n plaaslike begrafnisondernemer die polisie gekontak.

Hulle ondersoek die oorsaak van die kind se dood.

Luister:

Die 33-jarige vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Sien ook: Gratis toegang tot nasionale parke in September