LUR: Minder ongelukke maar meer sterftes op paaie die feestyd

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het vanoggend die besonderhede van die provinsie se feestyd-statistieke bekendmaak. 

Mpumalanga was een van die provinsies wat gedurende die feestyd toenames in padsterftes aangeteken het. 

Macie sê die feit dat die getal ongelukke afgeneem het is niks om te vier nie aangesien meer menselewens verloor is as in dieselfde tydperk die vorige jaar.

In totaal is 733 botsings aangeteken in die provinsie, 172 sterftes en 379 ernstige beserings.

Hy voeg by die meeste sterftes onder ekonomiese aktiewe mense is.

“Hierdie mense is broodwinners.”

Die meeste is ook mans.

Bakkies en sedans is ook die voertuie wat by die meeste noodlottige ongelukke betrokke is.

Volgens Macie het die Lebombo-grenspos ook ‘n rekord gebreek die feestyd met 26,000 mense wat op 23 Desember daar geprosesseer is en 31,000 op 24 Desember. Dit was glo meer as by Beitbrug of OR Thambo Internasionale Lughawe.

Die waarnemende polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, sê wetstoepassers het goed saamgewerk die feestyd.

Hy sonder taxi-geweld uit as ‘n nuwe bekommernis.