LUR gaan soek belegging in VAE
Written by Mireille on March 27, 2025
Die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Makhosazana Masilela, gaan volgende maand ‘n afvaardiging na die Verenigde Arabiese Emirate lei om beleggers na Mpumalanga te lok.
Hulle sal deelneem aan verskeie wêreldwye beleggingsaangeleenthede, insluitend ‘n ministeriële belegging en toerisme-rondetafel.
Volgens die Mpumalanga premier, Mandla Ndlovu, het hulle die mandaat om beleggingstrategieë te dryf om ekonomiese groei en werkskepping te bewerkstellig.
Dit is ook ‘n geleentheid om beleggings vir groot provinsiale projekte te verseker, insluitend die Spesiale Ekonomiese Sone en die operasionalisering van die Internasionale Varsproduktemark.
Hulle vertrek op 7 April na Abu Dhabi.