Luister weer: Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer
Written by Mireille on October 27, 2021
Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer. Só sê Steven Mthombeni van die Mpumalanga Raad vir Mense met Gestremdhede oor hoekom dit so belangrik is om mense met gestremdhede te help en te ondersteun.
Hy self het betrokke geraak nadat sy eie broer sy bene verloor het in ‘n ongeluk, en Mthombeni eerstehands ervaar het hoe maklik ‘n mens ‘n gestremdheid op kan doen, asook hoe moeilik dit is om hulp te kry.
Veral toestelle soos kunsbene en rolstoele is duur. So ook is doeke, iets wat kinders met gestremdhede vir langer benodig en wat duurder word soos hulle groei.
Daarom het die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede ‘n doekinsameling begin vir kinders met gestremdhede.
Dit loop in Desember tot ‘n einde. Loslitdag vind vanjaar ook eers – in Desember plaas.
Volgens Mthombeni het hulle elke sent nodig. Hy vertel hoe ‘n groot vraag daar na hul dienste is. Luister weer hier.