100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Libiërs gedeporteer na klagte in Witrivier teruggetrek is

Written by on August 19, 2024

Die 95 Libiese burgers wat verlede maand by ‘n vermeende militêre opleidingskamp in Masoyi aangekeer is, is via die Kruger Mpumalanga Internasionele-lughawe gedeporteer.

Aanklagte van oortreding van die Wet op Immigrasie is Donderdag in die Witrivier-landdroshof teen hulle teruggetrek.

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het sy departement geloof vir ‘n seepgladde deportasie proses.

Aanklagte teruggetrek teen 95 Libiese burgers in Witrivier, 15 Augustus

Die aanklagte teen 95 Libiese mans wat verlede maand by ‘n onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi aangekeer is, is vanoggend in die Witrivier-landdroshof teruggetrek.

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG

Hulle is aanvanklik aangekla vir oortreding van die Wet op Immigrasie.

Die mans het glo in April die land binnegekom met visums wat in Tunisië bekom is vir hulle om veiligheidsopleiding by Milites Dei te ondergaan.

Die Departement van Binnelandse sake neem nou toesig van die mans en hulle sal gedeporteer word.

Luister:

Sien ook: Psira sê militêre kamp in Witrivier was onwettig


×