Leerlinge wag steeds om in skole in Mpumalanga geplaas te word.
Hoewel die meeste gr. 1- en gr. 8-leerlinge suksesvol geplaas is, sê ‘n woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, dat die wat nog op plek wag hoofsaaklik in vinnig groeiende dorpe is.
In Secunda* is die meeste met 681 gr. 1’s en sowat 1 414 gr. 8-leerlinge. In Mbombela-munisipaliteit wag 104 gr. 1’s en 280 gr. 8’s nog op plek.
Sambo gesels met Ludi en Mireille voor die 2023 skooljaar môre afskop. Luister weer hier.
*Die artikel het aanvanklik verkeerdelik aangedui dat die meeste leerlinge wat steeds wag op plek in eMalahleni is. Daar is 347 gr. 1’s en 379 gr. 8’s.