Laser Run SA’s volgende maand in die Laeveld

Afrikaans, plaaslik en tot die punt: Skakel in op 100.5FM vir nuusgebeure wat jou raak.

Vir die eerste keer in hoe lank word die nasionale kampioenskappe van ‘n sport in die Laeveld aangebied: Op 24 Junie vind die Laser Run SA’s by Mankele plaas.
Dié sport is deel van Moderne Vyfkamp en nasionale en wêreldkampioene sal dié dag in aksie wees.
Op 7 Mei is die Mpumalanga-span ook aangekondig.

Die 17 plaaslike atlete wat kon kwalifiseer en in die Mpumalanga-span opgeneem is, is Julian Middel en Giann Wessels (s.15); Janke Steenkamp, Jeanne Badenhorst en Jessica Matthysen (d.15); Schalk Loock en Reuben Matthysen (s.13); Danicka Groenewald, Zoe Jansen van Vuuren en Ciska van der Merwe (d.13); Logan van der Westhuizen, George Neuhoff, Estevan Wessels, Zoan Jansen van Vuuren en Arnoudt Middel (s.11); Chantal Middel en Jos Badenhorst (meesters +40).

Johan Matthysen van Mpumalanga Moderne Vyfkamp gesels met Ludi en Mireille oor die sport.
Luister weer hier: