Laeveld-atlete op pad na moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap

‘n Totaal van 35 atlete van Mpumalanga het vanjaar gekwalifiseer om aan die moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap deel te neem.

Dit word in Desember in Mosselbaai aangebied.

Jean Eksteen (o/15), Jessica Matthysen (o/17), Lara Janse van Rensburg (o/17) en Hannah Morgado (o/13) tel onder die wat uitblink in biathle, triathle en Laser Run.

Hulle kuier in die ateljee.

Luister: